Rita van der Merwe
GEWASBESTUURDER: SPESIALITEITSEGEWASSE – BASF
Die aartappelbedryf is een van die hoekstene van landbou in Suid-Afrika. Saam met mielies en koring verteenwoordig aartappels een van die drie belangrikste bronne van koolhidrate in die dieet van Suid-Afrikaners.
Om met aartappels te boer, bied egter unieke uitdagings. Die wisselvalligheid van die klimaat en markte teen die agtergrond van stygende pryse van kunsmis, brandstof, en ander insette maak dit al moeiliker om die somme te laat klop. Hierdie uitdagings dwing produsente om hul boerdery opnuut onder die vergrootglas te plaas.
Aartappels is besonder vatbaar vir ’n reeks plantsiektes. Swamme, bakterieë en virusse kan vinnig versprei en ernstige verliese tot gevolg hê indien dit nie bestuur word nie. In natter jare neem siekterisiko toe, wat beide koste en opbrengsonsekerheid die hoogte in jaag. Dit verg sorgvuldige bestuur om hierdie bedreigings te beheer.
Siektes en ander plae kan opbrengs in die laaste pylvak van produksie lelik benadeel en die tradisionele manier van plaagbeheer is nie meer voldoende nie. Tydens die Innovasie-simposium van Aartappels SA by die WNNR in Pretoria in 2025 het kundiges ooreengestem dat geïntegreerde plaagbestuur die sleutel is vir volhoubare aartappelproduksie.
‘n Geïntegreerde benadering ondersteun nie net klimaatsuitdagings nie, maar laat ‘n kleiner omgewingsvoetspoor en maak ook ekonomies sin omdat ‘n goed-beplande beheerprogram kostes in toom kan hou.
Die sleutel tot suksesvolle plaagbeheer is voorkomende optrede en daarom is noukeurige gewasmonitering noodsaaklik. Akkurate voorspellingsmodelle en beheerprogramme kan die verskil tussen beheer en verlies beteken. Om by hierdie benadering aan te sluit en so opbrengs en kwaliteit te beskerm, bied BASF ’n reeks betroubare hulpmiddels wat deel van ‘n produsent se geïntegreerde plaagbestuurstrategie (IPM) kan vorm.
Doeltreffende siektebeheer
Van die algemene siektes wat kopsere kan veroorsaak, sluit laatroes, vroeëroes, Alternaria-vlek, swartskurf, bruinskurf, sagtevrot en bolvrot in. BASF bied gespesialiseerde oplossings vir die doeltreffende beheer van ekonomies belangrike aartappelsiektes.
As ‘n nuwe toevoeging tot ons swamdoder portefeulje vir aartappels, bied Sercadis® betroubare beheer van Rhizoctonia solani, ’n knol- en grondgedraagde patogeen wat swartskurf veroorsaak. Koue, nat grondtoestande tesame met swak dreinering skep ideale omstandighede vir dié patogeen.
Aangedryf deur Xemium®, ‘n innoverende SDHI-tegnologie, versprei Sercadis® effektief deur die plant om sodoende uitstekende beskerming te bied. Dit moet tydens plant in die plantvoor toegedien word vir die beskerming van jong plante, meer eenvormige opkoms en ’n sterker begin vir ’n hoë-opbrengs seisoen. Die produk is selektief en ideaal vir gebruik in geïntegreerde plaagbeheerstelsels.
Nog ’n staatmaker van BASF is Bellis®, ‘n waterdispergeerbare korrelswamdoder vir die voorkomende beheer van vroeëroes (Alternaria solani). Hierdie siekte beskadig blare en beperk fotosintese, wat opbrengsverliese van 20-50% kan veroorsaak. Dit lei verder tot afgradering van knolle. Met vinnige opname en doeltreffende verspreiding in die blare verseker Bellis® betroubare beskerming, selfs onder uitdagende toestande.
Acrobat® WG bied voorkomende en plaaslik sistemiese beheer van laatroes (Phytophthora infestans). Die produk het ’n langdurige werking en beskerm aartappelplante voordat die siekte gevestig raak. Dit word vinnig deur blare opgeneem wat ’n belangrike voordeel bied in reënerige toestande. Verder bly dit lank aktief, selfs wanneer siektedruk toeneem.
’n Produk wat die lewe vir produsente verder kan vergemaklik is Orvego® wat die unieke Initium®-tegnologie bevat. Dit bied doeltreffende en betroubare beheer van laatroes (Phytophthora infestans) en spog met uitstekende reënvastheid selfs onder vogtige toestande.
Onkruidbeheer bly belangrik
Suksesvolle aartappelproduksie gaan egter oor meer as net siektebestuur. ’n Land vry van onkruid vorm die grondslag van gesonde gewasse. ’n Doeltreffende onkruidbeheerprogram is belangrik in die strewe na hoër opbrengs en kwaliteit knolle. Twee van BASF se betroubare oplossings staan in hierdie opsig ver uit bo die res: Frontier® Optima, is ’n vooropkoms-onkruiddoder wat grasse, geeluintjies en sekere breëblaaronkruide effektief beheer. Focus® Ultra, is ’n selektiewe na-opkoms-oplossing vir die doelgerigte beheer van problematiese grasonkruide.
Insekbeheer speel ‘n groot rol
As ’n kontak- en maaginsekdoder teen snywurms, aartappelmot (Phthorimaea operculella) en klein kommandowurm (Spodoptera exigua) tree Fastac® SC vinnig op. Hunter® 24 SC bied translaminêre werking met maagaktiwiteit vir die voorkomende beheer van aartappelmotlarwes, terwyl Broadband® as ‘n kontakproduk help om aartappelmotpopulasies doeltreffend te onderdruk.
Saam vorm hierdie oplossings ’n geïntegreerde plaagbeheerbenadering wat produsente help om risiko’s te bestuur, gewasse te beskerm en met vertroue na ’n hoëgehalte-oes te werk.
Gevaarstellings:
Cantus® WG en Vivando®: Giftig vir waterlewe, met langdurige gevolge. Indien mediese hulp benodig of aangevra word, maak seker u het die houer en etiket byderhand. Gooi enige oorblywende inhoud en houer weg by ’n versamelpunt vir gevaarlike afval. • Collis®: Moontlikheid dat dit kanker kan veroorsaak. Giftig vir waterlewe, met langdurige gevolge. Dra beskermende handskoene/klere/oogbeskerming. Indien blootgestel is of bekommerd is, soek mediese hulp. • Kumulus® WG: Indien mediese hulp benodig word, hou produkhouer of -etiket byderhand. •
Orvego®: Skadelik, indien dit ingesluk word. Uiters giftig vir waterlewe, met langdurige gevolge. Moenie eet, drink of rook wanneer hierdie produk gebruik word nie. Was blootgestelde/besmette liggaamsdele deeglik na gebruik. VERWYS ASSEBLIEF NA PRODUKETIKETTE VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BELANGRIKE STELLINGS RONDOM VEILIGE GEBRUIK.