Jaco Marais
KOMMERSIËLE EN BEMARKINGSBESTUURDER – NOORDE
Bacillus thuringiensis (Bt) is ‘n voordelige bakterie wat as ‘n biologiese insekdoder gebruik word. Dit berus op die werking van Cry-proteïene en spore om sekere soorte insekplae mee te beheer. Die bakterie is in die vroeë 20ste-eeu ontdek en word reeds dekades lank op kommersiële skaal as ‘n doeltreffende biologiese insekdoder aangewend.
Bacillus thuringiensis produseer Cry-proteïene. Hierdie proteïene perforeer teiken-larwes se ingewande en lei tot ernstige intestinale skade. Larwes wat Bt ingeneem het, staak voeding kort na inname. ‘n Tekort aan voedingstowwe, beskadigde ingewande en bakteriële sepsis lei tot die afsterwing van plaaglarwes.
Soos met enige plaagbeheerstrategie is doeltreffende weerstandsbestuur baie belangrik in die gebruik van beheermiddels. Weerstand teen insekdoders ontwikkel as gevolg van individue binne die teiken-insekpopulasie wat oor weerstandsgene teen die werking van aktiewe bestanddele beskik, en dit na opvolgende generasies oordra.
Die resultaat met onverantwoordelike gebruik van insekdoders is dat die plaagpopulasie oor ‘n aantal generasies sensitiwiteit teen die aktiewe bestanddele van beheermiddels kan verloor of selfs weerstand ontwikkel. Die ontwikkeling van weerstand van insekplae teen die werking van beheermiddels bied ‘n enorme risiko vir volhoubare plaagbeheer en moet ten sterkste vermy word.
Die soort asook konsentrasie van Cry-proteïene is afhanklik van die genetiese eienskappe waaroor verskillende rasse van Bt-spesies en subspesies beskik. Verskillende Bt-subspesies produseer ooreenstemmende, maar ook verskillende soorte Cry-proteïene. As voorbeeld produseer die kurstaki-subspesie (bv. DiPel® DF) hul eiesoortige seleksie van Cry-proteïene teenoor die aizawai-subspesie (bv. Florbac® WG). Deur altwee subspesies in ‘n spuitprogram te posisioneer, word ‘n uitstekende weerstandstrategie toegepas en word die gebruik van verskillende werkingsmetodes van beheermiddels teen die opbou van weerstand oor tyd beskerm.
Philagro SA bied toegang tot DiPel® DF en Florbac® WG wat doeltreffendheid en weerstandsbestuur bevorder. Samevattend sluit die gebruik van DiPel® DF en Florbac® WG die volgende sleutelvoordele in:
- Voorkoming van bykomende gewasskade omdat larwes wat Bt ingeneem het, ophou om te vreet.
- Uitstekende weerstandsbestuur as deel van ‘n spuitprogram as gevolg van ‘n wye spektrum van Cry- proteïene.
- Altwee produkte speel ‘n sleutelrol as biologiese komponente in ‘n geïntegreerde plaagbestuurstrategie.
- ‘n Lae toksisiteit-resultaat vir DiPel® DF as gevolg van die klassifisering as nie-gevaarlik volgens die GHS- (Global Harmonised System) stelsel.
- Die gebruik van DiPel® DF en Florbac® WG het nie ‘n negatiewe uitwerking op die natuurlike vyande van plaaglarwes en bestuiwers (soos bye) nie.
- Gemoedsrus in die gehalte en doeltreffendheid van DiPel® DF en Florbac® WG word verkry omdat altwee in Suid-Afrika vir die gebruik op vele gewasse geregistreer is. Elke lot wat vervaardig word, word deur die strengste gehaltebeheerprosesse goedgekeur.
Maak DiPel® DF en Florbac® WG deel van die spuitprogram van insekplaagbeheer om die voordele van hierdie merkwaardige biologiese insekdoders te ontsluit. Kontak gerus die naaste Philagro-agent vir meer inligting of besoek www.philagro.co.za.
RAADPLEEG DIE ONDERSKEIE ETIKETTE VOLLEDIGE VOOR GEBRUIK.
DiPel® DF (Reg. nr. L6441 Wet nr. 36 van 1947) bevat 32 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var kurstaki. Hierdie produk is nie geklassifiseer as gevaarlik volgens GHS nie. FlorBac® WG (Reg. nr. L5531, Wet nr. 36 van 1947) bevat 15 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var aizawai. Waarskuwing. Veroorsaak ernstige oogirritasie. Skadelik vir waterlewende organismes. FlorBac® WG en DiPel® DF is die geregistreerde handelsmerke van Valent BioSciences, VSA.