JOHAN MARAIS
Produkbestuurder Biorasionale produkte by Philagro
Plaag weerstand werk amper soos om met beeste te teel, behalwe, in hierdie geval selekteer die produsent vir “goeie plaag genetika” deur herhaaldelik dieselfde plaagdoder-groep toe te dien. Elke keer as die plaagdoder gespuit word, vrek al die vatbare individue in die populasie en net die “sterkes” oorleef. Met tyd bly slegs die sterkste individue in die populasie oor en alle plaagdoders wat aan daardie spesifieke plaagdoder-groep behoort sal nie meer effektief genoeg wees nie.
As landbou industrie, moet ons die lewensduur van ons staatmaker plaagdoders prioritiseer. Philagro SA is trots om twee opsies te offer wat kan help hiermee, Dipel® DF en SumiPleo®.
DiPel® DF is ’n organies gesertifiseerde bio-insekdoder vir die beheer van verskeie Lepidoptera larwes (wurms). Dit is uiters selektief vir lepidoptera-wurms. DiPel® DF is die oorspronklike Bacillus thuringiensis, var. kurstaki, wat sedert 1970 op die hoogste standaarde geproduseer word deur Valent BioSciences in die VSA.
DiPel® DF bestaan uit ’n unieke kombinasie cryo-toksienes wat bevat word binne in kristalle, wat oplos wanneer dit in kontak kom met die wurm se alkaliese (pH9) maagsappe. Dit veroorsaak klein gaatjies in die maagwand en die maagsappe met Bt-spore, en ander onsuiwerhede word in die wurm se “buikholte” vrygelaat. Dit veroorsaak sepsis en die wurm verkleur bruin en vrek. Dit hou binne ongeveer 3 ure op met voed.
DiPel® DF se etiket dui aan dat dit 32 000 IU/mg aktiewe bestanddeel bevat, terwyl die biologiese kwaliteits-toets aandui daar in werklikheid 37 320 IU/mg is (Tabel 1). Ongeveer 23% meer as wat nodig is. Dit beteken dus dat Philagro ‘n produk verskaf wat van hoër gehalte is as wat die produsent verwag.
Voordat DiPel® DF in ’n tank mengsel ingegooi mag word, moet die spuitmengsel eers ge-buffer word tot by ’n pH-waarde onder 7. Dit verhoed dat die cryo-kristalle nie reeds binne die spuittenk oplos en die Bt-spore vroegtydig vrystel nie, wat verlaagde effektiwiteit tot gevolg sal hê.
’n Goeie spanmaat om DiPel® DF mee af te wissel in ’n spuitprogram is SumiPleo®. Dit is ’n unieke chemie omdat dit heeltemal anders werk as enige ander chemie-plaagdoders op die mark.
SumiPleo® is ’n insekdoder met die aktiewe bestanddeel Pyridaliel (dichloropropeen derivaat) 500gai/L. Navorsing het vasgestel dat dit ’n inhiberende effek het op die produksie van proteïene binne-in die selle. Geen ander produk op die mark werk op hierdie manier nie, en maak SumiPleo® dus die perfekte produk om plaag weerstand mee te bestuur.
SumiPleo® het ‘n translaminêre aksie, wat beteken dat dit deur die dikte van die blaar translokeer om ook beskerming te bied aan die onderkant, waar die spuitnewel nie noodwendig kan uitkom nie. Goeie bedekking van die teiken-oppervlakte is uiters belangrik om die maksimum effek van die translaminêre aksie te kry. Die feit dat SumiPleo® byna geen impak op voordelige insekte soos parasitiese wespes, netvlerkies, predatoriese myte, heuning- en hommel bye asook spinnekoppe het nie (Tabel 2), maak dit die perfekte spanmaat om te kombineer met DiPel® DF in ’n geïntegreerde plaagbeheer program op plase waar verlaagde sensitiwiteit teen ouer chemiese plaagdoders waargeneem word.
LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK. | DIPEL® DF | Reg. Nr. L6441, Wet Nr. 36 van 1947 | Bacillus thuringiensis, var kurstaki (Bakterië) (32 000 IE/mg) | Hierdie produk is nie geklassifiseer as gevaarlik volgens GHS nie. | Philagro SA (Edms) Bpk. | Reg. Nr. 1998/010658/07 | Postnet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040 | Tel: 012 348 8808
LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK. | SUMIPLEO ® | Reg. Nr. L8377, Wet Nr. 36 van 1947 | Pyridaliel dichloropropeen derivaat (500 g/L) | GEVAAR | Mag dodelik wees indien ingesluk en in lugweg beland (aspirasiegevaar). | Mag allergiese velreaksie veroorsaak. | Veroorsaak oogirritasie. | Mag slaperigheid of duiseligheid veroorsaak. | Baie giftig vir waterlewende organismes met langdurige gevolge. | Philagro SA (Edms) Bpk. | Reg. Nr. 1998/010658/07 | Postnet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040 | Tel: 012 348 8808
Philagro 1: African bolwurm (Helicoverpa armigera)